Baba & Kleuter is die enigste Afrikaanse ouerskaptydskrif in die land. Ma's wat net die beste vir hul kinders wil hê maak staat op ons vir raad en inligting. Ons is passievol oor ouerskap en maak ma-wees makliker vir jou. Baba & Kleuter is`n ouerskaptydskrif wat alles dek van swangerskap tot en met graad een. Ons inspireer ons lesers met deeglike, inspirerende artikels om beter ouers te wees en hul kinders met selfvertroue groot te maak. Ons skep `n gemeenskap van oopkop Afrikaanse ouers wat almal glo in heilsame gesinne waar elke gesinslid hom- of haarself ten volle kan uitleef. Lees Baba & Kleuter, en jy sal klaar soos 'n beter ouer voel.
Baba & Kleuter
Dien dit jou?
JOU FOTOBLAD
Dubbele geluk • Dis die eerste keer in jare dat ’n tweeling op ons voorblad pryk. Ma René de Ru van Pretoria vertel meer oor ons fraai wenners, wat nou 10 weke oud is.
inboks • E-pos jou brief na sharing@ypbmagazine.com en kry ’n kans om te wen!
GENEES! • Klein Leo Parker, ’n eenjarige van Kaapstad, het danksy die stamselskenking van ’n vreemdeling ’n uiters seldsame siekte oorwin.
PALE TOE! • Die sportiewe Tiaan Terblanche van George in die Wes-Kaap het Bok-gees gevang met sy sesde verjaardagpartytjie.
’n Kalm kamer vir jou groeiende kleuter • Beplan dié kinderkamer van die begin af reg sodat dit maklik saam met jou baba kan groei. Kies ’n wiegie wat in ’n bed kan omskakel en hou by neutrale kleure. Gebruik aksentkleure in die bykomstighede en verander dit namate baba ouer word.
Nuwe ITALIAANSE gunstelinge • Sê ‘buon appetito!’ vir nuwe maniere om Italië se ikoniese stapelkos voor te sit. Hierdie vullende pastageregte is perfek vir alles van vinnige weekaande tot ontspanne naweke – en vir elke geleentheid tussenin.
Raak ontslae van SKULDGEVOELENS • Voel jy dikwels skuldig dat jy nie genoeg aandag en tyd aan jou kinders bestee nie, of dat jy foute met hul opvoeding maak? Dalk is dit tyd om jouself te bederf eerder as vir hulle ...
GROOT PRET VIR KLEIN KINDERS • Kleurryke boeke wat die jongspan sal laat droom, lag en leer.
MAAK DIT BETER, MAMMA • Wanneer winterkieme toeslaan, kan jy simptome help verlig en dit vir almal ’n bietjie draagliker maak.
ONVRUG BAARHEID mites & feite • Wat is die waarheid oor onvrugbaarheid, en wat is sommer ouvroustories? ’n Kenner skei die koring van die kaf en deel die nuutste navorsing.
NET DIE BESTE VIR BOONTJIE • ’n Gids wat jou help sorg dat jou fetus nege maande lank floreer.
GROEN BLARE, GESONDE BABA • In groen blare en gaar boontjiespruite sit iets en wag waarna jou ongebore baba smag. Weet jy wat dit is?
HOE ERNSTIG IS LIGTE BLOEDING?
ALLES OOR JOU KEISER • Hoe berei jy voor vir jou keiser, hoe verloop dit en hoe herstel jy agterna?
Só kraam pa saam • Jou man is meestal jou beste kraammaat. Hierdie artikel is vir hom!
Beste vir daai boudjies • Hier is ons oorsig oor al die nuutste moet-hê-doekprodukte vir jou baba se sitvlak.
Verstaan jou baba se REFLEKSE • Het jy geweet dat babas geen beheer het oor baie van die oulikste bewegings wat hulle uitvoer nie?
BORSVOEDING Begin vroeg • Vroeg begonne is half gewonne – en dis van min dinge so waar soos van borsvoeding. Hier is ons volledige gids tot baba se eerste slukkies.
LIEFDESBAND vir altyd • Jou nuwe baba is gebore. Miskien ervaar jy ’n band so intens dat dit jou asem wegslaan – of dalk voel jy dit nie so sterk nie. Begin sommer vandag daaraan werk.
PA VOEL AFGESKEEP
BOU SO ’N GOEIE VERHOUDING MET JOU PEDIATER • Kinderartse verduidelik hoe jy die meeste uit jul afspraak en verhouding kan haal.
WAT’S NUUS baba
Soete...