Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Die Tuinier Tydskrif by Lonehill Trading (PTY) LTD - Available

Die Tuinier Tydskrif

March/April 2026
Magazine

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Welkom

FLENTERNUUS EN KNIPSELS

VRA DIE SPAN • My wildeperske word elke somer swaar besmet met stekelrige, swart ruspes wat soms op koppe, op skote en op die plaveisel val. Dit ontstig diegene wat in sy skaduwee sit. Hoekom, en wat kan ek doen om dit te stop?

BRIEWE • Liewe Tanya, Ek luister altyd Saterdae na jou program op RSG. Is hierdie wurm (ek het baie van hulle in my komposhoop) goed om te hê? Met vriendelike groete, Tim Hordyk

Slim oplossings vir tuinonderhoud • Moderne tuinmaak beteken die gebruik van kraggereedskap wat die lewe makliker, vinniger, skoner en meer genotvol maak. Wie hou nie van kraggereedskap nie?

TOPSTORIES

Van oorgroei tot UITSTAANDE • Hierdie tuin in Tokai het ‘n geweldige transformasie ondergaan, van ‘n oorgroeide en vervalle ruimte na ‘n uitnodigende en ordelike landskap vir almal om te geniet.

Styl in ’N KLEIN TUIN • Die ontwerp van ’n klein tuin vereis deurdagte beplanning omdat elke keuse saak maak vir ’n blywende impak.

WAT OM TE PLANT

Tuis in die HERFS! • Die weer in Maart en April is aangenaam en rustig. Die son brand nie meer so fel nie, die somerstorms en winde het bedaar, sommige plante wat geblom het dra nou vrugte, ander begin blom, en meer maak gereed om hulle blare af te gooi. As jy ooit moet weggaan, moenie dit in die herfs doen nie…

Herfs in blom • Vul leë kolle in tuinbeddings en potte met kleur ryke blomplantjies. Hierdie gewilde eenjariges is gereed en wag in kwekerye en tuinsentrums landwyd.

80 JAAR van saam groei • Hierdie jaar vier Hadeco ‘n merkwaardige mylpaal – 80 jaar van groei saam met tuiniers, kwekers en blommeliefhebbers regoor die wêreld. Van ‘n beskeie begin tot ‘n wêreldwye erkende leier in blombolproduksie, vier Hadeco ‘n trotse erfenis en ‘n blik na die toekoms.

3 TUIN-juwele • Ons plaaslike bolle het ongelooflike diepte in hul blomme, is maklik om te kweek en is uitstekende snyblomme. Ons het drie gekies wat nou geplant kan word vir kleurryke kolle in die tuin en in houers.

Petunias wat presteer

Klein ruimtes • Die maatstaf vir ‘n permanente, veelsydige struik in ‘n klein tuin is waarskynlik ‘n hoogte en breedte van ongeveer een meter, anders sal jy soos ‘n besetene moet snoei!

Vere en maanskyn… • Wanneer die kerneienskappe van ʼn suksesvolle hibried wat uit ʼn betroubare genus soos Carex geteel is deur plantkenners beskryf word as kleurvol en tekstuurryk en boonop ʼn regmerkie kry vir uiterste betroubaarheid, spring ons van vreugde. Hoekom? Omdat ons verseker kan wees in die wete dat ʼn nuwe vrystelling met ʼn ander voorkoms, binnekort tot dieselfde hoë standaard geteel sal word!

Teken in en wen! • Teken hierdie maand in en kom in aanmerking vir ʼn STIHL GTA 26 Garden Pruner wat ʼn battery en laaier insluit om daardie herfstake maklik te maak.

IN DIE KOSTUIN

FERMENTASIE 101 • Dit is ‘n inleiding tot die wye wêreld van fermentasie, ‘n proses waarvan die wortels meer as 5 000 jaar terug strek tot antieke tye, en wat in elke denkbare kultuur gevind word.

Engelse salie • Salvia sclarea is ‘n pragtige meerjarige plant met indrukwekkende blomme. Dit word wyd gebruik vir sy aromatiese eienskappe in parfuums en rome, asook vir sy medisinale waarde. In sommige kulture gebruik hulle die blare om tee te geur. Die meeste tuiniers kweek dit in die tuin net vir die mooiheid en omdat min versorging nodig is. Plant dit saam...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans