Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
Lae graanpryse sny ál dieper
Wenner
Verloorder
Veeartse waarsku: ‘Hou nou jou oog op die bal’ • Uit desperaatheid oor die gebrek aan entstof en ’n gesloer om die regering se aksieplan in werking te stel, word entstowwe ingesmokkel en gryp boere na strooihalms, onder meer nanosilwerprodukte.
Stel boere ’n slag eerste
Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com
Steenhuisen moet koes vir die klippe
Beesboere met rug teen die muur oor afgestelde veilings • Die produksie- en stoetveeveilings wat die een ná die ander weens bek-en-klouseer gekanselleer word, is ’n katastrofe vir die hele landbouwaardeketting, nie net vir die betrokke stoetboere nie. Die onmiddellike verliese beloop etlike miljoene rand, en gaan oorvloei in genetiese agteruitgang en ’n tekort aan speenkalwers.
‘Reuseramp’: Só het OBP land in steek gelaat • Die huidige bek-en-klouseer-krisis is nie ’n skielike of onverwagte ramp nie, maar die uitkoms van jare se waarskuwings wat deur die staat geïgnoreer is, beleidsbesluite wat nie toegepas is nie en ’n staatsbeheerstelsel wat nie betyds aangepas is om ’n veranderende siekterisiko te hanteer nie.
Ervare boer: ‘Minder is meer’
‘Belê in jou gesondheid soos in nuwe trekkertegnologie’
Pirbright-instituut moet dophou vir ’n pakkie uit SA
Amptelike strategie oor 4 fases in 10 jaar aangepak • Suid-Afrika se strategie om BKS-vrye status te behaal deur middel van inenting, sal in fases aangepak word. Wetgewing gaan dringend hersien word om die mikpunte in die tydsraamwerk te haal.
‘Versigtig met diagnoses van tierhartsindroom’
‘Waterskeiding vir wolbedryf' • Klerevervaardigers het nou meer rede om wol in kledingstukke te gebruik, aangesien dié produk se koolstofspoor aansienlik kleiner is danksy nuwe berekeninge wat biogeniese koolstofvloei insluit.
Haal KI die mens uit die verskaffingsketting?
Uitvoerders kan nou saam markte ontgin • Toegewing aan uitvoerders om hulle van sekere dele in die wetgewing oor mededinging vry te stel, kan uitvoerbedrywe help om hul mededingendheid te herwin ná verlede jaar se ingrypende veranderinge in die internasionale mark.
SA stap nader aan groter deursigtigheid • ’n Groot deurbraak is gemaak in die jare lange stryd van belanghebbendes in die graanhandelwaardeketting vir meer deursigtigheid op die JSE.
Wit koring dalk opsie in SA • Die verbouing van wit koring kan ’n bydrae tot die plaaslike koringbedryf lewer, maar dit is nie ’n kitsoplossing vir die huidige krisis in dié bedryf nie.
Liggingsdifferensiaal ‘verarm koringboere’ • Vandat ’n liggingsdifferensiaal vir koring in 1998 ingestel is, is dit ’n steen des aanstoots vir boere wat reeds miljard rande aan inkomste daardeur verbeur het én boonop die vervoer van alle koring in Suid-Afrika subsidieer.
Is jou testament ’n meesterstuk of ’n slagveld? • Hoewel niemand graag oor sy of haar eie dood praat nie, is jou testament waarskynlik die belangrikste verklaring van sorg wat jy vir jou geliefdes kan nalaat. Ongelukkig word dit dikwels nie met die nodige sorg opgestel nie.
Balanseertoertjie vir graanboere om voor te bly • Goeie somergraanoeste en die beter prestasie van uitvoerbedrywe was in 2025 ligpunte vir die plaaslike landbou. Die krisis van bek-en-klouseer in die veebedryf is egter nog lank nie verby nie, terwyl die plaaslike koringbedryf onder druk bly.
Kwantumsprong vir Quantum...