Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Available

Landbouweekblad

Mar 05 2026
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

SA landbou behaal rekorduitvoer in 2025

Wenner

Verloorder

‘Ek het oorlog teen BKS verklaar’ • Hy het die DA-leierskap eers opsy geskuif vir die steilste berg wat ’n landbou-minister moet klim, en John Steenhuisen, minister van landbou, hoop dit is sy Churchill-oomblik.

Die illusie van kennis se skrikwekkende koste

Briewe

Die moeilikheid met die entstowwe

Entstofkoste: ‘Dis nie nou tyd vir wins maak nie’ – Steenhuisen • Sodra groter hoeveelhede bek-en-klouseer- (BKS) entstof van verskillende vervaardigers van vandeesmaand af beskikbaar raak, sal bedryfsorganisasies die geleentheid kry om entstof vir hul lede aan te koop.

Eerste private veearts gemagtig om te help inent • ’n Private veearts van Mosselbaai is die eerste in die land wat deur die staat gemagtig is om ’n staatsveearts met die inenting van diere teen beken-klouseer (BKS) by te staan. Nóg 100 aansoeke van private veeartse is reeds aangestuur.

Vrystaat en KZN kry 40% van Biogénesis Bágo-entstofbesending • Die eerste miljoen dosisse van die BKS-entstof wat Suid-Afrika van Argentinië ingevoer het, het op Saterdag 21 Februarie op die O.R. Tambo-lughawe aangekom. Hoewel elke provinsie dosisse sal kry, konsentreer die regering op die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Noordwes, waar die ergste uitbrekings voorkom.

Amptenare ry glo entstof-ooreenkoms in die wiele

Private invoerder buig agteroor om BKS-entstof in SA te kry

‘Taakspan werk in donker’

‘Dié siekte maak jou nederig’ • Die KwaZulu-Natalse grootdiereveearts dr. Jacqui Marais raai boere aan om nie vir die staat of ‘perfekte riglyne’ te wag nie. Leer in die veld, praat met mekaar en bly ’n tree voor die siekte, sê sy.

Limpopo bult spiere teen BKS met biosekerheidsone

Só gaan Mpumalanga ‘klein Krugerwildtuintjies’ op die Hoëveld voorkom

‘Landbou kan nuwe waterwet nie bekostig’ • Die landbou gebruik sowat 60% van die beskikbare water in Suid-Afrika. John Steenhuisen, minister van landbou, is gevolglik baie besorg oor die voorgestelde wysigings aan die Nasionale Waterwet, wat verhandeling in waterregte wil verbied. Die landbousektor gaan dit egter nie sommer net so aanvaar nie.

Verdien van 1 April meer uit dieselrabat

La Niña verswak, goeie somerreën nog moontlik

Jansenville-wolkbreuk: 130 bokke en kilometers se draad weggespoel

‘Alle dele van Karoo regverdig navorsing’

Onkruidbeheer bepaal lot van landbou in Afrika • Onkruid hou ’n groot bedreiging in vir voedselproduksie in Afrika, en boere bestee sowat 50-70% van hul tyd op die lande om onkruid met die hand te bestry – ’n taak wat ook ’n groot las op vroue plaas.

Beesbedryf: Ekonomiese krisis dreig • Die direkte verlies aan uitvoerverdienste in 2026 weens bek-en-klouseer kan tot R1,8 miljard beloop. Nog ramings dui op produksieverliese van R13,1 miljard vir die beesvleis- en melkbedryf oor die volgende vyf jaar. Dié krisis, wat nou tot nasionale ramp verklaar is, kan ernstige gevolge vir boere én Suid-Afrika inhou.

Premier-groep: Die geboorte van ’n nuwe voedselreus • Die eerste hekkie is suksesvol oorkom vir die samesmelting van die Rhodes Food- en Premiervoedselgroep, wat uiteindelik die tweede grootste kosgroep in die Suidelike Halfrond sal wees.

Bekamping deur goggas wen veld in makadamiaboorde

Wol: Van die ruimte tot op jou vel

Só slaan boere munt uit bewaring van grasveld

Vordering...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans