Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Available

Landbouweekblad

Feb 19 2026
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

‘Boere se melkprys moet dringend styg’

Wenner

Verloorder

‘Volle ingryping nou nodig om koringbedryf te red’ • ’n Magdom dringende en gekoördineerde veranderinge is nodig in die koringwaardeketting om die lewensvatbaarheid van dié bedryf te verseker en onomkeerbare skade te voorkom.

Wie maak die geld?

Briewe

Die minister met die kous oor die kop

Eksklusief: Akkuraatheid en spoed nou noodsaaklik • Inenting alleen gaan nié die einde van bek-en-klouseer in Suid-Afrika beteken nie. Dr. Gideon Brückner, waarskynlik die wêreld se mees ervare kenner op dié terrein, sê die voorgestelde tienjaarplan kan slegs werk met die streng toepassing van bewegingsbeheer. Hy waarsku ook teen die onwettige invoer van entstowwe, en slaan ook die sweep oor té streng maatreëls, veral vir goedgekeurde abattoirs.

‘Staat het aangedring op regstreekse transaksie’

Eerste SA entstof kry baie lugtyd

Só moet staat oorlog maak teen BKS – wildkenner

Droogte in dele van SA tot ramp verklaar • Die reën wat oor groot gebiede van die westelike dele van die Oos-Kaap wegbly, is ’n groot bron van kommer vir kernvrug- en sitrusboere wie se oes nou aan die bome hang en veeboere wie se veld en kuddes herstel ná die vorige ernstige droogte.

Hael, rukwind saai groot verwoesting in Langkloof-vrugteboorde

Party saaiboere los eers mielies om somme te laat klop • Ná die graadprobleme wat talle boere in die 2025-’26-seisoen ondervind het, die stygende insetkoste en ’n paar seisoene van net-net gelyk speel het sommige boere se skerp potlode aangedui dat hulle eerder ander gewasse as mielies moet plant.

Verwagte groot oeste oorsee en sterker rand ‘dompel SA graanboere in perfekte storm’ • Die graanbedryf is in ’n afwaartse siklus deurdat plaaslike produsente hulle in ’n perfekte storm bevind weens die verwagte groot internasionale somergraanoeste en die versterking van die rand teenoor die dollar.

Johann le Roux van Zeder neem leisels oor by KAL Group • Nadat Zeder onlangs die verkoop van sy laaste groot belegging aangekondig het, het dié landboubeleggingsmaatskappy se uitvoerende hoof, Johann le Roux, ook sy uittrede by dié maatskappy aangekondig.

Einde van Zeder in sig ná laaste kroonjuweel verkoop word

Beplan nóú vir boerderyrisiko’s • In ’n tyd waarin insetkoste styg, weerpatrone verander, bek-en-klouseer boerderye vernietig en markte wisselvallig is, is goeie finansiële beplanning nie net ’n nuttige hulpmiddel vir boere nie, maar ook ’n noodsaaklikheid.

Landbou in die spervuur met wêreldrisiko’s • Die samestellers van die wêreldrisikoverslag hou nie hul lyf profeet nie, maar wil wys op watter risiko’s wêreldleiers bedag moet wees en watter gevolge dié risiko’s kan hê.

Stewige groei ondanks ekonomiese werklikhede • Die Wes-Kaap-gebaseerde KAL-groep, wat in agt provinsies en in Namibië sake doen, beoog sterk winsgroei teen 2030.

Waterbankrotskap wêreld se voorland

Perde kán vrees by ruiters ruik

Minder vee op weidings wêreldwyd nie nét goed of sleg vir ekostelsels

Frustrasievlakke skiet die hoogte in • Regdeur die koringbedryf loop frustrasievlakke hemelhoog. Vir boere lyk dit asof hul probleme nie opgelos word nie, maar Graan SA se verweer is dat die feite wat hy aanbied om gerugte te staaf of verkeerd te bewys, dikwels op dowe ore val.

Baie minder water, dieselfde oes met drupbesproeiing • Elke...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans